Nes jy is..

Ek dink die gaan ampetlik my eerste Afrikaanse inskrywing wees. { sorry for all my english friends, google translate is your answer..}

Nes jy is… Ons almal het n begeerte na die woorde, ons wil ons skoene uitskop, ons jeans aan trek en net wees. Ons begeerte vir die “nes jy is” sindroom laat ons jaarliks duisende rande uit die sak jaag om dit te koop deur middele van vakansies, n lekker rus bank of soos in ons geval, n trek na n kusdorp. Nes jy is word in baie gevalle gereeld behaal en in andere gevalle nie so gereeld nie..

Ek het besluit om n paar van my Nes jy is oomblikke met julle te deel.

Toe ek n klein dogterjie was het al ons kinders in die moeilikeheid gekom as ons nie my pa gaan nag se het nie. Moeilikheid klink dalk na n baie ferm term, maar ek kan julle waarborg dat ons het verseker nie  die oomblik gemis nie. Ons was vier kiddos en het almal in n ry by my pa gaan staan en een na die ander die “ritueel” deur gegaan. Ons het n nag kus gekry en dan n stywe drukkie gevolg deur n paar vinnige “rapsies” op ons boude terwyl ons in die omhelsing staan. Die “rapsies” moes ons raai hoe baie hulle was of ons kry hulle weer. Ons elkeen het talle maal “verkeerd” geraai net om langer daar te kan staan, teen my pa se bors. Nes ons is.

Op universiteit het ek telke male onder n kombers in gekruip op dieslefde bank saam met my beste maaitjie van koshuis, terwyl dit saggies buite reen. n DvD  is aan  gesit en ons het salig aan die slaap  geraak terwyl dit nog speel.. Nes ons is.

Om te staan in n vreemde land met n warm klimaat met dieselfde maaitjie en te wag vir n tuk tuk.. nes jy is, met son op jou skouers en ‘n lus vir avontuur!

My oom-hulle het n huis op n stuk grond langs n groot dam. Die wind waai ongelooflik baie daar , maar nogsteeds is van my gunsteling “nes ek is ” oomblikke hier. Al ons nefies en  niggies om n tafel besig om 30 seconds te speel.. nes ek is.

Op n kano op die Oranje rivier met my suster as die stuur en uit volle bors ” Aan stap rooies” te sing terwyl die hele familie saam sing. Af met die rivier op pad na ons volgende stop en ook ons bad! Nes ek is onder die Afrika son.

Te ry deur die karoo.. nes ek is.

Af te stap na my man  by die altaar ,met my pa aan my sy en die mooiste rok aan my lyf, met die volle wete dat ek is onvoorwaardelik geliefd deur die traan gesig man wat voor my staan.. nes ek is.

Om n skelm drukkie en soentjie te kry van dieselfde man terwyl ek al weer n brousel maak van sy aandete. Nes ek is word ek bemin.

Om vir n blinde vrou te bid nes ek is, en dan te kan sien hoe haar oe voor my oop gaan. Nes ek is in Hom..

By n restaurant op te daag met al my gunsteling maaitjies om die tafel en ons saam cuppa en lag nes ons is. Te lag en gesels oor dit wat was, dit wat is en dit wat nog gaan kom.. ons is deur alles.

Om in my God se gesig te kyk en te weet dat ek rus in Hom.. Ek is in Hom, ek leef in Hom. Hy, wat met oe gevul met vlamme, my hele wese waar neem en onderhou.. my  nooi om te wees nes ek is.. soos Hy my geskape het en lief het.

Nes ek is.. Linda Fourie, Dogter,Suster, vrou en vriendin.

Advertisements

One thought on “Nes jy is..

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s