Hoop

Ek het Sondag die 4de Junie iets besonders beleef. Ek , Stoffel, my ouers en vriende van ons het het gaan kyk na die Nasionale Jeug koor onder die begeleiding van Andre Van Der Merwe. Dit was op Genadendal, Greyton in die Moravian kerkie. Net n paar likraak feite, Genadendal was die eerste sendingstasie in Suid Afrika en die “Moravians” wat die stasie begin het, het op een stadium van hulle bestaan vir honderd jaar aan een gebid. 🙂

Behalwe vir die ongelooflike historiese ligging, het die blik in die toekoms my die meeste aan geraak. Ek is 28 jaar oud. ‘n Kind wat deel is van die generasie waar apartheid geeindig het, Nelson Mandela President en n “living legend” geword het, die wereld beker rugby in 1995 groot opslae gemaak het. Ek is deel van n generasie waar daar vir my gese word as gevolg van my vel kleur en my geskiedenis is daar nie hoop vir n toekoms vir my nie in die land nie. Ek het gesien hoe duisende van my generasie oor die waters vlug na beter weivelde. Ek is deel van die generasie wat die groeipyne van ons jong demokratiese land die meeste ervaar. Ek haal my hoed af vir elkeen van my generasie wat kon op staan onder al die druk. Ons ken nie van die goeie ou dae nie,want ons was nie daar nie, ons ken nie van “liberal youth” nie want ons is te laat vir dit.

Maar deur die vertoning van die mooi koor se sang , het my hart geblom. Ons groei. En ons jeug is die vrug van ons groei. Daar is hoop.

So, as ‘n “ouer suster” van die generasie onder my wil ek net noem dat ek  haal my hoed af vir jou as jy  jou drome jaag en die “cool” groep jou verneder as gevolg daarvan. Ek dink jy is funky verby as jy in plaas van rond rits in Engeland op “gap year” gaan werk met minder bevoorregte kinders. Ek dink dis “super cool” dat jy n besluit uit jou eie kan maak om Jesus te volg omdat jy weet wat dit beteken. Ek dink dis net sommer  ” super cool” overall dat jy kan besluite neem vir jouself. Jy leer my baie en op 28 kan ek werklik se dat wysheid gevind kan word in 18 jarige. Mag julle die generasie wees wat die land in sy volle glorie in begelei.

Van die generasie bo ons, wat geveg het vir vryheid, van ons generasie wat die “trail and error” generasie is, wil ons vir jou se, Well done!

 

 

Advertisements

One thought on “Hoop

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s