Liefde

Sjoe, hoe lekker! Ek het vandag af gevat van my ander “werk” en spandeer ek tyd. Skryf met musiek aan laat my baie ontspan.. ek het die snuffels en moet tegnies in die bed wees.. { doctor Stoffel’s orders } maar dis LENTE! My hartjie juig en my neus is mal oor al die geure wat ek ruik! Wat ‘n mooi tyd van die jaar!!!

Lente is vir die begin van nuwe dinge en snaaks genoeg op die 1ste September het ‘n hele paar dinge het gebeur wat my teorie bevestig.. My besigheid het met ‘n vaart weg gespring en waar ek die heeltyd lus was vir hardloop, moet ek nou snol om in te haal! 🙂 Dit gaan goed met ons. Die lewe is lekker en God bly goed!

Nou die dag vra iemand my wat ek dink die belangrikste ding is om te weet sodat die Heilige Gees kan beweeg met wonderwerke. Wat ‘n vraag!

My antwoord was vir my eenvoudig maar dit was asof Papa die vraag gebruik het om my ogies oop te maak en te kan sien dat min mense besef die antwoord. Ek ry Sondag in Kaap toe om te gaan werk.. Op een spesifieke draai verloor my radio kFm se opvangs en slaan oor na so ander stasie. Ek weet al dit gaan gebeur en is gereed met my vinger om te verander toe my oor iets vang op die stasie: “The Lord Jesus cannot tolarate sin!  You need to repent to be able to stand in front of Him! How can we change the world of our own lives don’t reflect His? ” My hart het gesink en ek het sommer die radio heeltemal af gesit. wow. Dadelik het ek die Heilige Gees gevoel en Hy was hartseer.

Lees die sin weer en vra jouself af of die sin ‘n God van liefde weerspieel? Sal jy as ‘n God na jou aan kom en op jou skree en se verander want jy verteenwoordig My, verander? Uit liefde of uit vrees? Is daar lewe in so stelling en weerspieel die stelling ‘n God van LEWE?

Ek verstaan dat die dissipline aspek en miskien het ek net in die middel van so sin in gepop en die res gemis.. Maar kom ek stel ‘n paar gedagtes voor. Jy is perfek gemaak by die Kruis. Jy hoef nie meer te “verander” om by God aan te pas nie. Nes jy is is genoeg. Ja, dalk wys jou lewe nie die “Godelike” deel van jou aan die wereld nie, maar ek kan jou waarborg dat as ek met jou ‘n pad gaan begin stap en elke dag vir jou vertel wie jy werklik is gaan jy begin verander na die ware jy. Die jy wat een is met God, wat onvoorwaardelik geliefd is. Die bybel beskryf jou as God se oogappel.. dink ‘n bietjie. Sal ‘n pa sy oogappel uit skel om elke hoek en draai?

Nou waar pas dissipline in? ok, kom ons kyk na meer iets aards. Ek het ‘n wonderlike pa en tot vandag is ek en hy baie na aan mekaar. Al ons kinders is “close ” aan hom en my ma. My ma het so manier om naby te bly al is ons ver. Ek het nou ‘n blackberry en is al 4 haar getroud maar elke dag kry ek ‘n bbm van hier en as ek nie antwoord nie kry ek ‘n “PING”! 🙂

Terug by my pa, toe ons tieners was het my een sussie uit die huis geslip om te gaan kuier saam  haar vriende op die strand.Dit was lekker Desember. Ek was ‘n bietjie ouer en mag uit gegaan het, maar sy was lus vir saam jol.. Sy het mooi gewag tot my ouers gaan slaap en to haar kans gevat. Ek, niks wetend van haar aksies nie, kom toe vroeer huis toe en kry my pa wakker besig om haar te soek. Ek besef toe hier is moeilikheid en gaan soek haar om te waarsku. Die kind hol toe met ‘n stink spoed huis toe en gaan le mooi soet in die bed.. maar dit was te laat. My pa se dissipline was net die volgende: ” Ek is baie teleurgesteld in wat jy gedoen het.” en dit het my suster genoeg bang gemaak om dit nooit weer te doen nie.

Sien, my pa het ‘n konneksie met elkeen van ons dat wanneer hy met ons raas is die wete dat ons hom teleurstel in ons aksies genoeg om alles stop te sit. Dis uit liefde gedoen en ook ‘n reinheid en onbeskermheid van my pa. Ons wou alles doen om ons konneksie met hom te beskerm.

Hoeveel te meer is ons Pa in die hemel nie ook so nie? Dis Sy liefde wat ons laat gryp na waarheid. Dis Sy vryheid wat ons koppe laat weg draai van sleg na goed. Hy hoef nooit te dreig en te skel nie.. Hy kom in en fluister: ” Die is nie jy nie, my kind.”

My antwoord op die vraag was: ” Ek het die Heilige Gees leer lief he soos ek my pa en my man lief het en met nog meer liefde.Ons het ‘n liefdes verhouding.” Ek jaag nie “signs and wonders” nie. Dit volg my want ek is een met God en waar ek gaan, gaan Hy en dinge gebeur as gevolg van Sy teenwoordigheid. Kom ons eer Hom vir wie Hy is. Kom ons geniet Hom vir Wie Hy is. Ek kan nie wag om Hom eendag aangesig tot aangesig te sien en te kan sien hoe die Teddiebeer Papa my beskerm het, behaag het en lief gehad het nie.

Geniet Hom.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s