Met ‘n glimlag gesels ek..

Verlede naweek was my 30ste verjaarsdag partytjie en in Stoffel se toespraak oor my, noem hy toe wat hom verlief gemaak het op my. Ek het hom vasgevat oor een of ander belaglike ding en in sy gedagtes het hy gedink, sjoe, die meisie is nie bang om te se wat sy dink nie. Net na my partytjie, sit ek en hy saam by die see… Uit die bloute begin hy my te tart. Ek ignoreer hom vir eers, en geniet die vrede.. kort voor lank sit ek en hy en stry.. ek nog baie rustig.. ‘n Paar sekondes later ontplof ek en vertel hom presies wat ek  dink. Tot my verbasing bars hy uit van die lag en kyk na my en sê, welkom terug! Ek was uit die veld geslaan met die woorde. “Linda, jy het ophou veg.” eindig hy ons gesprek af.

Ek is n vegter, dis my DNA. Ek spoel my mond uit oor menigte goeters en stem oor baie nie saam nie. Ek het al baie mense baie diep kwaad gemaak, maar deur die jare het ek geleer om myself te aanvaar. Tot ek siek geraak het. Daar is min mense wat werklik sal verstaan waardeer ek en Stoffel is die laaste tyd. Ek onthou hoe ek eendag op een baie donker plek, in isolasie , vir ‘n vriendin vertel: “Dit voel asof ek dood in die oê staar.” Ek en my man het sonder om vir mekaar dit verwoord begin afskeid neem van mekaar. Tot en met my finale diagnoses was alles baie deurmekaar en ek was baie siek. Jou brein is jou grootste vyand op daardie oomblik.. Jy verbeel jou so baie dinge en jou liggaam stem met alles saam, want jy is moeg geveg om asem te kry, moeg baklei teen die hoes. Eers na die diagnoses, kon ek rus kry.. maar toe begin ‘n nuwe pad.

Ek het ‘n nuwe geveg begin veg. Dis dalk nou eers in my gedagte wêreld, maar vanaand het ek gelê in my bed en ek het besluit,ek gaan praat. Ek gaan sê wat die ding is wat my lewe so kom besteel het die laaste tyd. Ek het TB. Ek kan hoor hoe baie van julle sug van verligting! O, TB! Ja, my tannie se agter neef se kind se vriend het ook TB gehad en hy is fine! TB is nie ‘n onbekende siekte in Suid Afrika nie, ons het een van die hoogste syfers in die wêreld van TB draers. Omdat dit nie vreemd is nie, het ons immuun geraak teen sy tentakels, tot jy hom kry.

Ek was vir 8 maande siek, waarvan die laaste maand  voor ek behandeling gekry het,die ergste was.Tot en met Augustus, het ek gehoes en aardig gevoel. My energie vlakke was laag. Ek was by twee dokters gedurende daardie 8 maande en vir duisende toetse om die oorsaak van my slegte energie vlakke en snaakse kuggie te kry. Moet my nie verkeerd verstaan nie, die wyse dokters het gevra, ” Verloor jy gewig? Het jy nagswete?” Alles wat aandui op TB.. maar op daardie stadium en omdat ek ‘n gesonde leefstyl lewe, het ek nie een van daardie tekens gehad nie. Ek het net gehoes en het misluk gevoel. Dis eers in Augustus toe my man vir my begin sorg het(So siek was ek), en hy saam my by die derde dokter sit en smeek vir hulp, dat ek gestuur is vir x strale. Toe die verslag terug kom, was dit duidelik: daar is iets groot verkeerd. Eers toe het ek begin die simptome wys, ek het nagswete begin kry wat onbeskryflik is,ek het 7kg in 3 weke verloor en besef dat mens dit gewigsverlies noem. Dit alles was begin Augustus, nog ‘n lang pad tot September toe ek uiteindelik eers op behandeling kon gaan. ( Die is ‘n heel ander storie hoekom ek so lank moes wag voor behandeling begin het.)

So wat is my geveg.. Oee, ek het baie. Vandat ek weer kon asem haal, het my bloed al ‘n paar keer gekook. Maar een daarvan is dat  TB is ‘n erkende epidemie en een van die leidende oorsake van dood van ‘n siekte wat genees kan word… en ek het in die tyd TALLE mense raak geloop wat geen benul het van die siekte nie. As ek praat van benul, praat ek van kennis oor sy aard en hoe hy versprei.

Sedert my openbaring van my siekte het ek ‘n hele paar reaksies gekry, ek het hulle soos volg begin groepeer:

  • Die “Oh my word” is jy ok groepie:die mense het nie gekom met jy is ok, of jy gaan ok wees nie.. die mense het verslae na my gekyk en gevra.. hoe kan ek help. (Hulle is vandag nog my kosbaarste mense..)
  • Dan die google/bing of in kort, search engine groepie: Die mense het gaan google wat TB is.. nou hier het ek die waarde van ervaring en kennis begin leer.. Google en Bing gee NIE die akurate prentjie NIE. ( moet asb my nie met google feite kom sien nie)
  • Die kundiges: Die was die medici wat my nie behandel het nie.. Hulle was die wat net genoeg geweet het om ‘n opinie te lewer. Ek het gesluiter, maar weereens, die prentjie was nie akuraat nie. Party was wys genoeg om te sê gaan vra eerder die susters in die klinieke.. ( Ek het baie te sê oor die engel spesie..)
  • en laastens, die my boetie se meisie se tannie se man het TB gehad groepie… enough said.

Na al die duisende reaksies het ek en Stoffel tot die vaste geloof gekom om die een te glo met die ervaring. Ek het nie ingelig TB gekry nie. Ek was ook iemand wat se vriendin TB gehad het. Danksy my pa se beroep het ek geweet dis nie speletjies nie, en toe sy vir my kom kuier het, kon ek met respek luister. Wat ek vandag besef is, dat vir my het ek nodig gehad om alles oor die siekte te hoor en die inligting het ek gekry by die een met die ervaring. Daardie liewe suster in die openbare kliniek wat ELKE dag TB pasiente behandel. Mensig, kan hulle vir jou stories vertel en ek het ‘n hele wêreld ondek. Dis my tweede geveg wat ek nou veg.. en nog baie gaan oor skryf.’n Land se grootste bate is sy mense.. ons mense, pasiente EN werkers, word verniel in die openbare gesondheidsektor.

Ek gaan afeindig met die volgende: Ons leef in ‘n land waar MIV virus as ‘n epidemie raak gesien word. Meeste MIV/VIGS mense gaan dood nie aan MIV/VIGS nie, maar aan TB. Ons word wel aangemoedig om ons MIV status te weet. Ek het respek vir dit. Wat ek wel begin besef het sedert my TB “status” bekend begin raak het, is dat TB het’n negatiewe stigma konnektasie.  Ek het al van so baie mense gehoor wat ook TB het, maar weier om vir mense te vertel. Daar is geldige redes daarvoor, maar anders as MIV, kan mens TB kry terwyl jy staan in Checkers ry en wag om te betaal en die man voor jou hoes en jy stap deur sy “hoes kieme.” Wat een liewe TB suster my vertel het, is dat almal in Suid Afrika was al in kontak met TB.. en is draers van wat mens noem die latente TB. TB is orals en nie meer soos wat ons gedink het, tussen die baie armes nie. Ek was selfs verbaas oor die verskillende reaksies.. my direkte vriendekring het ek baie inligting voor gegee om te verduidelik wat dit is. Maar toe ek noem aan my hulp in my huis dat ek TB het, het sy dadelik begrip gehad en verduidelik wat ek moet eet en nie eet nie.. dit alleen was ‘n groot bewusmaking.

Wat jy nou hoef te weet van my: Ek is GLAD nie meer aansteeklik nie as gevolg van my behandeling. Ek het ‘n hand vol pille, wat ek elke dag MOET drink. Een van die pille is ‘n vitamin B kompleks.. Ek laaik hom baie. Ek voel vir die eerste keer in maande normaal. Ek hoes nie meer nie, en het weer energie.. (Die is waar die probleem kan in kom vir ander TB draers.. sal dit nog verduidelik in ‘n latere post) Ek is ‘n staatspasient want TB word NET behandel deur die staat. Dis ‘n GROOT probleem in Suid Afrika en ek moes registreer by die regering. I became a number! 😉 Ek check elke week in by die kliniek en daar is NGOs wat se hoofdoel is om TB pasiente wat verlore geraak het, te gaan soek.  Ek moet vir 6 maande( dalk langer) op behandeling wees. Die behandeling is baie sterk en ek het aan die begin hoog gevoel. Ek ervaar newe effekte wat nie so aangenaam is nie, maar vat eerder dit as om weer siek te raak. My longe het twee gate in.. en ja ek voel dit pyn partymaal.

My news effekte is diaree as gevolg van die druk waaronder my lewer agv die medikasie. Ek het my dieet drasties aangepas en eet geen ryk kos nie. Ek is gereeld moeg. Ek drink baie water en bly uit die son uit. My vel reager baie sterk op aanraking van die son. Alles vat ek eerder as om aan te stap met die siekte. Vir meer inligting oor presies wat TB is gaan gerus na my post oor TB HIER.

Laastens, TB is n lewensgevaarlike siekte waarvoor daar ‘n baie goeie oplossing gevind is,MAAR dit maak nie die proses maklik nie. Jou kop smokkel met jou en die aard van TB is baie soos ‘n ratel.. Hy is taai en kan, as nie reg behandel word nie, onbehandelbaar raak van natuur.. wat lei na baie groter probleme..

So, dis my waarheid.. ek deel dit omdat ek besluit het om te praat. Jy kan lees en deel met mense wat jy dink kan baat hierby, andersins gaan ek aan met my lewe. Ek ontmoet my bruide, stap saam my honde,kuier saam vriende en familie en lag saam my man.

Advertisements

9 thoughts on “Met ‘n glimlag gesels ek..

  1. Ai Linda, ek is so jammer oor wat jy moes (moet) deurgaan ek ek is baie bly hulle het dit uiteindelik gediagnoseer sodat jy kan treatment kry en dat jy beter voel. Dis baie admirable dat jy dit deel en dankie dat jy jou storie vertel want ek weet absoluut niks van TB af nie so waardeer dit baie dat jy dit gedeel het. Sterkte skat. Bid vir jou. xxx

  2. Uitstekende artikel. Jy stap nou ‘n baadjie wat ongelooflik baie van ons medici in die land stap want ons tel dit in die hospital op by die pasiente. In my vriendekring weet ek tans van 2. Daar word eintlik aanvaar dat meeste van ons dit latent dra, en dit skop in as jou immuunsisteem baie onderdruk is.
    Jy noem uitstekende feite wat die “gewone” mens op straat nie weet nie / onbewus is van.
    MIV kry soveel publisiteit en geld, en soos jy noem is TB ‘n groot epidemie.
    Nog ‘n interessante feit is dat meer mense steeds aan kanker sterf as MIV en TB saam…..

  3. Liewe Linda – Ons is so lief vir jou. Die trane stort by my wange af – Wat kan ek se! My pa het ook TB gehad in sy laat twintiger jare by Stellenbosch Universiteit. Hy was in daardie jare ge-isoleer – Die medici het dit as n hoog aansteeklike siekte beskou. Hy moes behandeling in Kaapstad kry en was vir ‘n baie lang tydperk in sy lewe baie ernstig siek. Hy was ook ‘n asma lyer. Hy het ons baie van sy siekte vertel. ‘n Gelowige kind van die Drie Enige God sal jou styf vashou en vertroetel. Bid vir jou en glo dit sal gou beter gaan met jou. Liefde Oom Leon en Tannie Riana xxx

  4. Hi!

    Weet jy terwyl ek hierdie stukkie lees van jou was dit asof jy my lewe vanaf 16 Augustus vir my beskryf. Ek weet waardeer jy gaan – want ek het ook TB. Vandag is ek al 8 weke op behandeling. Mense se reaksies hierop het my diep geraak – meer negatief as positief. Ek het vriende verloor wat ek gedink het is my ware vriende, want ek het nou mos TB… Hulle kan nie nou in aanraking kom met my nie, want hulle gaan dan nou ook siek word. Dit is ‘n harde en moeilike pad, maar een waarin ek al so baie geleer het. Nie net van die siekte nie, maar oor myself. Hoe sterk ‘n mens word as jy deel vorm van die statistiek. Hoe mens moet leer cope met al die “oe – dis darm nou sleg” of “ai tog, maar ek dog net arm mense kry dit”. Al die ag siestog kyke van mense af. Mense is so oningelig oor TB. My huisdokter het my drie keer verkeerdelik gediagnoseer totdat ek self eendag besluit het tot hier toe en nie verder nie. Ek ken my liggaam – ek weet as daar iets ernstig verkeerd is. Ek het nagswete gehad, ‘n vreeslike hoes en ek was heeltyd moeg. Mense wou my nie glo as ek sê ek sien nie kans om iets te doen nie want ek het nie die energie nie. Al wat ek wou doen is slaap. Ek het my passie vir die lewe verloor. Ek het my passie vir my beroep verloor – want ek moes my hoof in kennis stel en daar was geen maar geen ondersteuning van hulle kant af nie. Maar dit is ook okay, want ek het my familie wat my steeds aanvaar en liefhet tenspyte van die battle. Ek het ‘n handjie vol vriende wat my bystaan en ek het vir God wat ek weet hierdie battle gaan gebruik om ander mense te help. TB is ‘n siekte wat ek nie my worst enemy toewens nie. Dit het my nederig gemaak. Ek vat dag vir dag. SOms is dit nodig dat ek uur vir uur moet vat, want soms voel dit net te veel. Om elke dag die pille te drink voel soms soos ‘n berg – hoekom? Want dit laat mens aaklig voel. Die medikasie is sterk. En weet jy wat die beste dokters en aptekers is SO oningelig oor TB want hulle werk nooit met TB pasiente nie. Slegs die staats klinieke. Slegs die susters by die kliniek kon my die waarheid vertel van waardeer ek gaan en hoe ek gaan voel. En gelukkig is hulle eerlik. Ek weet hierdie boodskap is seker nou baie deurmekaar geskryf, want daar is soveel wat deur my gedagtes gaan. Uiteindelik kon iemand in woorde sit hoe ek voel en waardeer ek gaan. So met dit wil ek vir jou dankie sê dat jy my die courage gegee het om openlik te herken dat ek ook TB het. En dis okay. For once kan ek sê… dis okay. Ons gaan okay wees!

    Jesusliefde en blessings
    Anene

    1. Hallo Anene!

      Sjoe, jou boodskap het trane in my oê gebring! Baie Dankie vir jou eerlikheid en brawe kommentaar. 8 weke is al lank! ek was gister vir 4 weke op behandeling, en ja, die newe effekte is party dae ondraaglik. Ek bid vir jou en ek glo en vertrou dat die vriende wat jy nou het jou sal behandel vir die hero wat jy is om die pad te stap. En die Liewe susters…. Engel spesie ne? Ek begin nou maar drukkies uit te deel aan hulle!

      Jy stap nie alleen nie, meisie, en Sedert ek die post op gesit het, het baie my persoonlik gekontak wat ook TB het.

      N groepie wat my baie help op facebook is TB proof.. Gaan kyk gerus as jy Wil.

      Hoop om jou eendag in die oê te kyk en te sê wel gedaan, ons is deur dit!

      baie liefde,
      Linda

  5. Linda you are hectic…I have alot of respect for you..thank you for sharing your story..it really means a lot to me….all the best with your recovery…:):)

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s