Hoofstuk 1

Carla kou onbewus haar duimnael terwyl haar oê vir die honderdste maal flits oor die brief in haar hand. Haar gedagtes maal en elke keer dink sy haarself in ‘n hoek vas. Hoe nou? Wonder sy. Sy is onbewus van haar pa se teenwoordigheid in haar kamer. Eers toe Dawid sy keel skoon maak om sy dogter se aandag te kry, kom sy terug na die hede.

“Carla, is jy gereed om te gaan?” Carla druk vinnng die papier in haar handsak en draai om. Haar pa staan met sy hoed in sy hand. Ai tog, dink sy, die hoed. Haar ma het dit nog vir hom gekoop op een van haar vele oorsese togte opsoek na klere vir haar boetiek. Haar hart gee ‘n vinnig slag toe sy dink aan haar ma. Hoe wens sy nie nou dat haar moeder, die meer praktiese een van haar twee ouers, nog vandag hier kon wees om haar te help dink aan ‘n oplossing nie. Sy gee ‘n vinnige glimlag aan haar pa en gryp sy hand. “Ja, my liewe pappa, ek is al LANKAL reg!”

Dawid antwoord haar met ‘n glimlag en neem haar tas. Hy draai om en voor hy by die deur uitstap, gee hy ‘n laaste kyk na haar handsak. Die brief het vroeg Desember hier by hulle huis aangekom. Carla het elke dag die posman gaan ontmoet om te hoor oor die einste brief. Sy dogter was gespanne, maar soos altyd het sy niks laat val oor haar dilemma nie. Dis sulke tye wat hy wens Lydia was nog hier. Lydia het wonders verrig om hom te laat praat, en Carla aard na hom as dit kom by haar geheime van haar hart en dit vir die res van die wêreld te laat bleik asof niks fout is nie. As dit nie was vir Carla se donker groen oê wat alle geheime deel nie, het Dawid nooit geweet iets is groot fout nie.

Hy weet Carla het die rol van ‘n ouer ingeneem teenoor hom toe Lydia dood is. Hy was nog altyd verstrooid en sy skryf van stories het sy ontsnapping geword van die wereld. Dis hoekom Lydia so goed was vir hom. Sy was sy realiteits dosis. Met geduld het Lydia gelei en besluite geneem wat die beste was vir die gesin. En nou dat sy weg is, het Carla besluit dis nou op haar jong skouers om haar pa te beskerm teen die wêreld daar buite. Hy skud sy kop. Jesus, bid hy, U ken my en U ken my hart. Help my kind om weer kind te wees.

Hy het lank gewonder wat hy moet doen oor die vervloekte brief wat sy dogter se oê grasgroen maak van spanning. Een aand terwyl Carla by ‘n skoolvriendin gekuier het, het hy sy seun in Engeland gebel. Marius is sy ander steunpilaar en weer baie soos sy ma. Hy kan ‘n ding prakties uit redenaar en het ook Lydia se rustige benadering tot die lewe. Marius en Carla het ‘n noue band al van jongs af. “Pa moet vir Carla vertrou. Dit sal uitkom wat haar so pla.”het hy die gesprek beëindig.

Dawid en Carla sit stil langs mekaar terwyl hy haar wegneem na haar univeristeitskoshuis. Dis haar laaste jaar as ‘n mediese student. By die koshuis aangekom, groet sy hom vrolik. Sy gryp haar tas en giggel vir haar pa se bekommerde gesig. “Moenie worry nie, pa. Ek is weer terug oor twee weke vir wasgoed was!” Met ‘n klapsoen op sy wang draai sy om, en hardloop die trappies op na haar kamer. Die koshuis is woelig met ‘n klomp meisies wat net terug keer van hulle somervakansie. Dawid staan lank daar in die portaal. Vir die soveelste maal bid hy sag, Jesus, beskerm haar.

‘n Engel tree vorentoe op reaksie van  die gebed van die mens voor hom. Sy wese meet die siel van Dawid en hy staan in verwondering en dink wat ‘n besonderse skepping is die mens nie. Sy Skepper het die mens lief en as engele is hulle daar om elke opdrag uit te voer wat die mens prewel. Hy kyk na Carla soos sy verder die trappies op hardloop. Sy oê verlaat haar gesig nie vir een sekonde nie…Hy draai terug na Dawid Viljoen en erken die mantel van outoriteit. Met eerbaarheid en erkenning van die outoriteit tree hy vorentoe en volg vir Carla.

Toe Carla op die tweeding verdieping kom, hoor sy ‘n lag wat sy op enige plek sal erken. Haar kamermaat en beste vriendin, Beth, het ‘n lus vir die lewe! Dis vir Carla altyd ‘n groot plesier om haar vriendin te sien, veral na ‘n somersvakansie nadat Beth terug gekeer het vanaf haar ouers se plaas in die Karoo. Die kuiers op haar ouers se plaas verskaf eindelose vermaak aan die stadsjapies. Beth het ‘n manier om mense perfek te na-aap, en soos mens luister na haar leer jy die mense van haar wêreld baie goed ken.

Beth spring van haar bed af op toe sy vir Carla deur hulle kamerdeur sien stap. “Meisiekind! Kyk nou net hoe bruin is jy! Ag, hoe wens ek nie my ou pappatjie wil ophou glo dat die plaasdam is die perfekte tan plek en ‘n huisie by die see koop soos waar jy bly!” Sy omhels vir Carla terwyl sy aanhou rammel oor die plaasdam en die boot wat lek. Carla giggel en probeer asem skep deur die stywe drukkies van haar baie klein, maar sterk vriendin. “Beth, dit is so lekker om jou weer te sien!Vir wie lag jy so lekker?” Beth tree terug en wys na ‘n ander donker kop meisie in die kamer. “Ek was net besig om vir Amelia te vertel van die boer wat ek ontmoet het.” vertel sy met ‘n bree glimlag op haar fyn gesig. Beth is ‘n boeremeisie in haar hart, maar haar gelaat vertel ‘n ander storie. Sy is kort en fyn gebou met lang koper hare en ligte sproetjies op haar neus. Haar oê is helder blou en op daardie oomblik skitter dit van opgewondenheid.

Carla draai om en kyk na Amelia. “Hallo Amelia,” groet sy styf. Amelia glimlag terug en groet beleefd. Sy kon nog nooit vasstel waarom Carla nie van haar hou nie. Elke keer wat sy vir Carla Viljoen raak loop, is daar ‘n atmosfeer tussen hulle. “Wel, laat ek julle twee los om op te vang. Carla, jy is in vir ‘n storie en ‘n half oor Beth se boer wat die een is!” Met die woorde staan sy op en verlaat die kamer. ” Hoekom moes ek haar op my eerste dag terug sien?” sug Carla. “Aggg, man, jy is nou weer dramaties. Jy het my eerste gesien! En ek hou van Amelia. Dink jy nie dis tyd dat jy haar maar net aanvaar nie?” antwoord Beth. Carla gooi haar tas op haar bed neer en antwoord,”As sy net nie so haar geloof op almal afsmeer nie, sou ek dalk kon.” Beth skud haar kop,” Ai Carla, maar wag, kom ek vertel jou eerder van my boer!”

Carla kan nie help om vir haar vriendin te glimlag nie. Beth raak so vinning verlief en elke nou en dan beplan sy haar eie troue. Maar daar is een beleid wat Beth streng volg en dit is: ‘n Dame date nie ‘n boer nie! So lief soos wat Beth vir die plaas is, het sy geen begeerte om weer op een te gaan sit nie. Dis hoekom sy kom medies studeer het en beplan om so ver as moontlik weg te bly van die platteland en ‘n plaas. Maar hier sit sy nou en koer oor ‘n boer! Miskien is Amelia reg, dink Carla, miskien is dit nou die een. Beth maak haarself gemaklik op die bed en vat ‘n sluk van haar koeldrank,” So, jy my beste vriendin, weet seker dat ek, Annabeth Louise Theron, nooit ooit in my lewe vir ‘n boer sal gaan nie.” Carla knik haar kop terwyl Beth aangaan.” Maar my liewe Carladyn, dit het alles verander! Ek het die ….” ” En WAT maak jy HIER? ” onderbreuk ‘n baie bekende stem vir Beth. Carla voel vir die eerste keer buite beheer van haar vrees terwyl sy met ‘n sug omdraai om haar toekoms te ontmoet.

Hoofstuk twee volg..

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s