Hoofstuk 2

Die sneeu val sag buite sy kamervenster, maar Marius sien dit glad nie raak nie terwyl hy sit en staar na buite. Sy gedagtes maal oor die gesprek wat hy met sy pa verlede week gehad het oor sy sussie. Carla het ‘n baie sterk wil van haar eie en as hy so kyk na haar Facebook fotos, het die wil van haar al ‘n paar besluite geneem wat eerder nie moes geneem geword het nie. Hy kan hoor sy pa is bekommerd. Dit was vir hom ‘n groot besluit om destyds na sy studies en kort na sy ma se dood, die gesin te los en Londen toe te kom. Sy pa het aangedring dat hy moes bly by PWC na sy klerkskap daar. Maar hy het meer gesoek. Hy wou die wêreld ondek en soos vele van sy universiteitsvriende was Londen die padjie om te stap.

Londen is hard. Hy mis sy mense en sy kultuur. Maar nes ‘n ware Viljoen het hy sy kop neergesit en gewerk. Hy het vinning gevorder in die maatskappy waar hy nou is. Hy het ‘n lekker klomp vriende gemaak en sy drome van die wêreld ondek, word elke verlof tydperk waar. Hy is mal oor toer, veral saam met Lize. Hy glimlag vir homself en dink aan Lize, sy het sy wêreld kom helder maak. ‘n Grafiese ontwerper wat ook na haar studies besluit het om die wêreld te ondek. Sy het orals getoer en op die ou end Londen haar tuiste gemaak. Sy het ‘n droom storie om te vertel, waar sy as ‘n versorger gewerk het en eendag net die regte ou man as klient gehad. Die Engelse oubaas se kleindogter is een van die top grafiese ontwerpers in Engeland. Lize en Anne het betrokke geraak in ‘n gesprek tydens een van Anne se vele kuiers by haar geliefde Oupa. Kort voor Lize haarself kon vind, het sy ‘n werk losgeslaan by Anne se maatskappy.

Dit was op ‘n koue dag soos die wat hy vir Lize deur ‘n gemeenskaplike vriendin ontmoet het. Lize het haar nuwe werk kom vier en Marius het net op die regte tyd ingestap by die gewilde restaurant. Sy was besig om uit haar maag te lag toe hy haar sien. Haar energie het hom gefassineer. Sy het uitgestaan met haar helder blou trui en swart tights tussen al die donker pakke van die daaglikse Londen geselskap. Gelukkig het hy die vriendin geken, anders sou hy nooit die moed gehad het om homself voor te stel aan Lize nie. Hy wonder wat Carla sal dink van Lize. Hy het al vir Carla vertel van Lize, maar sy sussie het min belangstelling getoon. Carla het liefde afgeskryf of eintlik beter, alle emosionele drama, na haar ma se dood. Dit het so vinning gebeur. Een oomblik staan sy ma op met ‘n hoofpyn, volgende oomblik is sy dood op die operasietafel terwyl hulle een van die ses tumors probeer verwyder het. Sy pa het inmekaar gesak by die hospitaal en Carla, wat ‘n eerste jaar mediese student was, het uitgeloop en nie weer terug gekyk nie. Hy sug. Sy sussie het verander van daardie dag af. Dis asof sy ‘n stukkie van haarself verloor het. Sy pa het met tyd sy ma se dood aanvaar, maar dit wil lyk of Carla net kwater geraak het vir God en die lewe.

Dawid Viljoen is een van Marius se helde. ‘n Sterk gelowinge man wat vir Jesus voorgestel het aan Marius op ‘n jong ouderdom. As ‘n Afrikaanse onderwyser het hy ‘n passie vir kinders en sy taal. Hy is geduring besig om een of ander kort verhaal te skryf. Alles opgedra aan “my Lydia,” soos hy haar noem. Dawid dink hy is verstrooid, maar Marius sien dit anders. Hy sien sy pa as wysheid wat net praat as dit nodig is, en wanneer hy praat moet jy amper ‘n notaboek gryp om neer te skryf wat sy pa te sê het. Hy is dankbaar vir die liefde wat sy pa getoon het aan sy ma. Hy wil ook so huwelik hê eendag. Sy hart raak swaar, hy wil ook so huwelik  hê vir sy sussie. Maar sy is klaar met mense en hulle emosies.

“Klop, klop?” Lize se stem bring hom terug uit sy gedagte wêreld. Hy kyk op na haar en glimlag vir die koddige prentjie voor hom. Haar blonde hare is vasgemaak op haar kop. Sy het een van haar gunstelinge helder groen bandanas in haar hare, haar bril sit effens skeef op haar neus, maar haar glimlag  is warm en vriendelik. Lize het mense lief en mens voel die liefde as mens om haar is. Sy is baie kreatief en pas in geen boksie maar op dieselfde tyd in elke boksie. Haar energie steek ander mense aan. “Waar is jy Mnr Viljoen? Moet ek ‘n search and rescue span roep?” hy lag en antwoord, ” Ek dink aan my sussie.” Lize stap na hom en kom sit op sy skoot.” O, die liewe Carladyn alweer. Marius, miskien moet jy huis toe gaan?” sê sy. Lize het ‘n manier om almal op hulle byname te noem. Sy het vir Carla nog nooit ontmoet nie, maar tog toe Marius een keer na Carla verwys as Carladyn, het dit vasgesteek in Lize se kop. Hy lag en kyk na haar. Wraggies, daar sit ‘n veer in haar hare. Hoe het sy dit reggekry? wonder hy. “Wat dink jy? Jy het weer verlof in Junie, ons kan Maylasia volgende jaar doen. Gaan huis toe.” Hy skud sy kop, ” Dit gaan niks help nie, Carla is myle weg van ons almal. Sy gaan verseker nie met my praat nie.” sê hy terwyl hy die lastige veer uit haar hare haal. Wraggies, daar sit nog een! Wat het dir vroumens gedoen?

Marius was net oppad om te vra oor die vreemde vere in Lize se hare toe sy selfoon lui. “Carla?” Antwoord hy angstig. Sy bel hom nooit nie. “Marius, ek het jou hulp nodig.”

Ben stap al fluitend in de gang af met ‘n boks van sy goed in sy hande. Wat ‘n briljante vakansie was dit nie, dink hy. Mosambiek was uit die hemel uit en natuurlik is dit altyd vir hom lekker om by sy ouers te kuier. Hierdie jaar gaan ‘n fees wees, dink hy. Skielik steek hy vas net soos hy verby hulle “gameroom” stap. Nee, dit kan nie wees nie. Hy tree so paar tree terug en kyk deur die oop deur in die kamer in. Wraggies, daar staan sy, Ice Queen Viljoen. Wat maak sy hier?! wonder hy, terwyl ‘n baie ongemaklike gevoel in sy maag begin draai. Nee, nee,nee dink hy toe hy al die bokse om haar voete sien. Dries, wat het jy gedoen!

Carla en Beth staan en kyk rond in die kamer. “Dis nie so erg nie,” sê Beth. Carla kriewel haar neus en sug. “Dis ‘n dump.”  “Dames,” word hulle onderbreuk. Hulle albei draai om en kyk vir Ben wat in die deur staan. “Kan ek help?” vra hy. Beth kyk hom op en af en antwoord,” Wel, ja, jy kan jou boksie neer sit en ons kom help om die bed te skuif.”koer sy sarkasties. Ben kyk hulle verbaas aan, “Ek bedoel, kan ek julle help? Dit lyk of julle verdwaal het.” Carla gee hom een van  haar ysige kyke en tree vorentoe.

“Nee Ben Erasmus, ek is jou nuwe huismaat, Carla Ice Queen Viljoen. Gaan jy nie vir my ‘n ‘welkom’ pakkie bymekaar slaan nie?” Ben laat val amper sy boks. Sy weet wat hulle haar noem? Hy kyk die twee meisies aan. Hulle albei lyk glad nie beindruk met hom daar nie. “Verskoon my,” sê hy terwyl hy sy boks neer sit in die gang en die trappe twee twee uit hardloop. Hy gaan vir Dries dood maak.

Dries laat val amper sy ipad soos hy skrik toe sy amper twee meter huismaat sy kamer in storm met skel van sy naam. “Dries le Roux, jy beter vir my sê hierdie is ‘n grap!” bulder Ben. So, hy het vir Carla gesien, dink Dries. “Hallo Ben, lekker vakansie gehou?” Dries gaan sit op sy bed en kyk braaf op na Ben. ” Dries, my vakansie was hemels, maar dis nou ‘n nagmerrie. Wat maak Ice Queen hier en hoekom pak sy haar yspakkies uit?!” Ben staar hom aan met ysige blou oê. Hierdie gaan ‘n avontuur van ‘n jaar wees, dink Dries.

“Sy bly hier,” antwoord Dries met die hoop dat dit al is wat nodig is om te sê. “Ek het dit afgelei, wat ek wel probeer verstaan is hoekom daar ‘n meisie hier bly as die ‘n ouens huis is? En hoekom SY?! ” Ben se oê verander van kleur soos hy die laaste woorde uit spoeg. Ben het in sy eerste jaar hard vir Carla geval. Hy is gewild onder die meisies, maar die krulkop het hom betower. Sy het sy aandag geniet, maar het eendag terug gekom van haar ouerhuis en vir Ben heeltemal geignoreer. Ben se ego het ‘n lelike knou gevang en sedertdien het hy haar “Ice Queen.” gedoop. Dis eers later wat Dries by Marius, Carla se broer, gehoor het dat Carla se ma oorlede is in daardie tyd. Marius het genoem dat Carla het besluit sy het nou genoeg drama gehad in haar lewe en almal wat die potensiaal gehad het om drama by te voeg in haar lewe, het sy uitgesluit. Dries het dit aan sy beste vriend verduidelik, maar Ben het dit net meer as bewyse vir sy saak gesien dat Carla Viljoen is net selfsugtig.

Dries sug, ” Marius het my gebel. Carla het verblyf nodig gehad en dringend ook. Sy is geskors uit die koshuis uit en het haar studiebeurs verloor. Gelukkig kan Marius haar help. Toe bel hy my met sy begroting en ek stel toe voor sy kom bly hier want dis al wat sy begroting sou pas.” Ben staar hom aan.”Wat het sy gedoen?” vra hy. Dries dink lank voor hy antwoord, ” Uhmm, sy het laasjaar dronk terug gekom by die koshuis. ” sê hy. “en toe?” vra Ben. Dries begin te kriewel, hy dink nie hy het die plek om so oor Carla te praat nie. “Wel, sy het toe iets gedoen wat die ander meisies onstel het.”

Ben sug.Nou is sy ons probleem. Hy glimlag vir homself, Carla Ice Queen Viljoen, is nou ons probleem en maak nie saak wat hy dink nie, sy is ‘n baie mooi probleem om te hê.

Hoofstuk 3 volg.

As jy hou van wat jy lees volg my gerus op facebook om my posts te sien oor wat ek skryf. Kliek HIER vir facebook.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s