Hoofstuk 3

Amelia skrik wakker. Haar droom flikker nog voor haar oë. Sy vryf haar oë en kyk na haar selfoon horlosie. Dis halfdrie 3. Ai, Amelia, dink sy, jy maak jou dag vir jouself baie swaar as jy nou nie slaap nie. Sy lê terug op haar kussing en maak haar oë weer toe.Die beeld kom dadelik terug, haar oë vlieg oop. Hoekom? wonder sy. Hoekom sal sy nou sulke goed droom? Sy lê en staar na die dak en  dink aan die laaste paar dae. Gewoonlik droom mens van huidige situasies en omstandighede? Sy was besig met klas en hospitaal besoeke. In die aande het sy haar kamerdeur toe gemaak en studeer. Niks wat gebeur het lei na hierdie grafiese droombeelde nie.

Sy poog weer om te slaap en draai op haar ander sy. Eeweskielik kry sy vreeslik warm en skop haar duvet af. Sy druk haar kussing onder haar wang in en maak haar oë weer toe. Amelia. Amelia sit kierts regop. ” Amelia Swart, jy is besig om jouself te verbeel. Gaan slaap nou,. ” raas sy hardop met haarself. Met ‘n swaar sug, gaan lê sy op haar rug en knyp haar oë toe. Haar oë skiet oop. Hier is iets in haar kamer. Sy skakel haar bedliggie aan en kyk rond in haar klein koshuiskamer. Soos ‘n klein dogtertjie want in monsters glo, kyk sy stadig onder haar bed. Niks nie, sug sy van verligting. Die teenwoordigheid bly in haar kamer. Amelia. Haar oê rek groot. Goed, Amelia Swart, jy is nou wakker en díe is vreemd. Haar hart klop in haar ore. Sy hou haar asem op om net rustig te raak. Sy begin ‘n groot vrede in haar binneste te ervaar en haar hart kalmeer ietwat.  Amelia, Ek het vir Carla lief. Jesus? vra sy. Sy hoor hoe Hy lag. Haar mondhoeke krul in ‘n glimlag.Sy het net die jaar besef dat God het ‘n sin vir humor het. Ja, kom die Stem, Ek het haar baie lief. “Is dit hoekom ek die droom gekry het?” vra sy onbeskaamd. Bid asseblief vir haar en verklaar lewe, antwoord Jesus. Amelia spring op .

Sy is nou wawyd wakker en haar droom speel nou weer voor haar af. Sy sien hoe Carla voor haar staan met vraende oë na haar en kyk. Sy gloei van kop tot tone maar die helderheid bedek nie die bloed op haar hande nie. Die volgende visie is die van ‘n mansfiguur en ‘n kind wat weg stap van Amelia. Wat op die aarde beteken dit? wonder Amelia. Sy is nou vol energie en begin stadigaan te prewel, kort voor lank stap sy op en af in haar klein kamer en verklaar lewe oor Carla Viljoen.

Die engel begin al meer te gloei soos hy toekyk hoe die pragtige mens voor hom meer en meer bid. Hy voel die krag en opdragte by om ingaan. Sy stap op en af , met haar donker hare wat laag oor haar skouers hang. Amelia Swart, gebore in Pretoria, Suid Afrika op 8 Junie 1988. Sy Skepper ken haar op haar naam en is trots op haar. Hy kyk ‘n laaste keer na die beeldskone vrou se gloeiende gesig voor hy soos mis verdwyn. Sy opdragte is gereed om uitgevoer te word.

Dawid snak na sy asem. Hy kyk op na die muurhorlosie, dis halfvier 4. Sy oë raak eweskielik swaar en hy ervaar ‘n vrede. Iets het gebeur, dink hy. Hy staan gelukkig op en stap na sy slaapkamer. Hy het lank die aand met Jesus gesels oor sy kinders. Hy moet erken, hy het vasgehaak toe dit kom by Carla. Iets het hom vreeslik van haar gepla van haar en hy het begin bid. Dis nou vyf ure later, en hy begin vir die eerste keer voel dat die kommer het gelig het en sy ewige vrede is weer is terug.

Terwyl hy sy nagklere aantrek, kyk hy die fotos op die muur. Jesus, ek het vir Lydia verloor, maar ek gaan nie haar dogter ook verloor nie, dink hy. Marius het hom ‘n paar maande terug gebel en hom die nuus vertel wat so aan Carla die Desember tuis geknaag het. Hy was baie teleurgesteld in sy kind. Hoe kan haar hart so hard wees teenoor christene? , het hy gedink. Carla het nog nie ‘n woord gerep aan hom vanoor haar skandes vertel nie. Sy het nog nie eers aan hom genoem dat sy nie meer plek in die koshuis het nie, of dat sy haar beurs verloor het  nie. Hy is so dankbaar dat dat Marius finansieel kan help aan haar studies.

Hy sug en loop na sy bed. Wel, dink hy, vanaand was goed. Hy is seker dat die Vader het sy gebed gehoor het. Hy gee n laggie, ag hy bedoel, hy is seker dat hy en sy kind se Hemelse Pappa het nou ‘n paar deurbrake kon gemaak in Carla se lewe. Met ‘n glimlag skakel hy sy bedliggie af.

Die engel maak homself tuis in Carla se kamer. Hy kyk na haar rustige gesig soos sy slaap. Die opdrag is gegee, hy gaan by haar staan tot die einde. 

Carla se onrustige slaap vol nagmerries verander in ‘n vreedsame droom.

Ben stap saggies verby Carla se kamer. Hoekom moet sy altyd met ‘n oop kamerdeur slaap, wonder hy. Net soos hy by haar deur kom, hoor hy hoe sy sug. Is sy wakker? wonder hy. Hy stop en loer om die kosyn. Carla se arms is bo haar kop uit gesprei, haar gesig is na hom gedraai. Die maan vang haar gesig sag en sy dra ‘n vreedsame uitdrukking. Ben staar na haar. As sy wakker is, kan hy sukkel om haar te verdra. Sy het so ysige houding teenoor hom en Dries en hulle vierde kamermaat, Jaco. Hy wil elke nou en dan net vir haar skree om op te pak en te loop. Almal het spanning, die finale jaar is intens. Sy het altyd een of ander snedige opmerking om oor hulle te maak. Sy karring aanhoudend aan alles;  die kombuis moet skoon, die skoene moet opgetel word en asseblief moet net nie te nie lank stort nie. En hier lê sy nou, salig, asof botter in haar mond kan smelt. Hy kyk weer na haar gesig. Sy is baie mooi en die vrede pas haar. Iets ruk aan sy hart. Nee,nee, nee dink hy, hy was al hierdeur. Carla Viljoen het geen plek in sy hart nie. Hy draai om en stap weg na sy kamer. Hy maak seker om soveel as moontlik geraas te maak soos hy die trappe na sy kamer klim.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s