Hoofstuk 4

“Marius..” Marius kreun en draai sy kop weg van die wrede onderbreking tydens sy soete slaap. “Marius..” hoor hy weer, die keer met n giggel in die noem van sy naam. Hy draai sy gesig terug na die stem wat hom uit sy diep slaap kom uithaal. Hy maak sy een oog swaar oop en loer. Voor hom staan Lize, bril skeef, hare deurmekaar met ‘n groot glimlag op haar gesig. Hy maak sy ander oog oop en sien sy het ‘n koevert in haar hande. “Kyk, wat het ek!” antwoord Lize sy blik en hou die koevert in die lig. Wat is dit? wonder hy. Hy vertrou nog nie heeltemal sy stem nie en met ‘n grom, draai hy  om en slaap verder.

Lize gooi haar kop agteroor en lag uit haar maag. Sy geniet dit verskriklik om vir Marius wakker te maak. Hy is so deur die mis en maak die oulikste geluide gedurende sy wakker word ritueel. Gewoonlik het sy baie geduld en sou sy teen die tyd tydens die  ritueel by hom gaan sit het op sy bed en sy rug begin streel. Sy sou ook ‘n koppie koffie by haar gehad het om hom nog verder uit sy diepe slaap te lok. Vandag het sy geen geduld nie. Sy het vroeg opgestaan na ‘n hele nag se wakker lê. Sy is gelukkig saam met  Marius, maar kon die laaste paar maande optel dat hy verlang na sy mense. Sy is lief vir Londen maar sy is liewer vir die slapende man hier voor haar. Sy weet hy dink aan trou,net soos sy weet dat hy vir haar sal bly in Londen. Sy het die laaste paar weke haar somme gemaak en met haar baas gesels. Sy dink dis tyd dat hulle terug gaan na Suid- Afrika.

Haar vriende gaan dink hulle is mal. Hy het ‘n uitstekende pos en sy het ‘n droomwerk. Dan is dit nog die hele Carla finansiele verpligting wat hy ook dra. Al die redes gebruik Marius om te bly in Londen, maar sy dink dis tyd dat hy sy belange eerste stel en sy wil hê dat hy moet weet sy ondersteun hom eenhonderd persent. Sy het lank  gebid oor die saak, en met haar selgroep gesels. Hulle het ook een aand saam gebid en die gevoel was by almal dieselfde: Sy en Marius moet huis toe. Iets wag vir hulle daar. Nou moet hy net sy oë oop maak en na haar luister.

“Marius Viljoen, word nou wakker!” sê sy met erns. Marius draai om, sy oë groot oop. “Wat is dit Lize?” , vra hy  geirriteerd. “Kyk,” sê sy en hou die koevert uit na hom. Hy knip, knip sy oë en fokus op die koevert in haar hande, hier onder sy neus. Hy neem dit uit haar hand en maak dit oop. Dis twee vliegtuig kaartjies na Kaapstad. Hy kyk op na haar, “Ons gaan huis toe,” sê sy met ‘n glimlag. Hy kyk weer na die kaartjies in sy hand en let op dat dit net eenrigting kaartjies is; ” Permament,” sê Lize beslis.

Marius kan dit nie glo nie. Dis te maklik, dink hy, dis net te maklik. Vroeêr daardie maand het hy in sy stilte tyd gevoel dat hy is oppad huis toe. Hy met Jesus gesels en gesê hy wil graag terug gaan, maar hy het ‘n goeie werk en dan is daar Lize. Hy het besluit om vir die eerste keer in sy lewe vir Jesus voorwaardes te stel. Hy het net twee gehad. Een was dat hy net so goeie werk moet kry in Suid Afrika en dan nommer twee was dat Lize moet instem om saam hom huis toe te gaan. Hy wil haar vra om te trou, maar hy moet eers weet of sy bereid sou wees om terug te gaan huis toe. Sy moet weet wat is sy planne en wil nie die huwelik begin met twee onvergenoegde mense nie. Al beteken dit dat hy haar sal verloor as hy sy begeerte van terug gaan noem, moet hy kan eerlik wees met haar. Lize se ouers het ‘n plaasaanval oorleef gedurende een van haar toere na die buiteland. Hulle het  dit toe goed gedink om die grond te verkoop en dorp toe te trek. Dit het vir Lize baie ontstel en sy was woedend vir haar land wat mens se hand so forseer. Sy sal dit nooit sê nie, maar hy weet sy het ‘n innerlike besluit geneem dat Suid- Afrika haar nie weer gaan sien nie. Sy vlieg haar ouers gereeld Londen toe om vir haar te kom kuier. Sy is hulle enigste kind en het ‘n hegte band met hulle en sy kan dit bekostig. Haar ouers word nou ouer en die toer raak vir hulle moeilik.

‘n Maand gelede het hy ingeloop op haar tydens ‘n telefoniese gesprek met haar ouers. In die gesprek was sy besig om hulle te oortuig om by haar permanent to kom woon in Londen. Marius het die oubaas al ontmoet en weet die Afrikaner boer sal maar sukkel hier in “Khaki wêreld.” Lize se ouers is ‘n hele paar jaar ouer as sy pa. Hulle het gesukkel om swanger te raak en toe kom Lize. Soos haar ma, Zelda, sal sê: “Ons vrolike wonderwerk kind, Lize het my lewe handsomkeer kom verander 28 jaar gelede.”

Marius het geweet dat dit sal ‘n wonderwerk kos om haar te laat trek. Met sy eerste voorwaarde rondom sy werk,was hy self net so onverwags verras. Skaars ‘n week na sy voorwaarde gebed met Jesus, het sy baas hom ingeroep. Neels De Wet is ook ‘n Suid Afrikaner wat die Rand kom ruil het vir die Pond. Middeljarig, met ‘n pragtige Britse vrou en twee tienerseuns. “Marius,” het Neels ernstig gesê terwyl hy sy kantoordeur agter Marius se rug toe trek.” Ek werk die laaste drie jaar aan ‘n projek wat nou uiteindelik van die grond afgekom het.” Marius het die opgewondenheid in sy baas se stem gehoor. Neels het voort gegaan,” Ons wil nou ‘n span mense stuur om die projek  te bestuur en te bou,en  ek het jou voorgestel as die spanleier.” Marius se moed het effens gesak. Hy weet hulle het takke reg oor die wêreld en het in sy agterkop geweet dat die dag gaan kom wanneer hulle hom gaan wil skuif. Hy was net nie gereed vir dit nou nie, en sy hart trek terug Suid-Afrika toe. “Ek weet jy het ander belange hier in Londen, die jonge Lize is een so belang…” gaan Neels voort met ‘n glinster in sy oog . Marius se baas is net maar nog ‘n mens wat bekoor is deur Lize. “Maar ons sal dit vir jou die moeite werd maak, ek het seker gemaak daarvan.” Marius het sy keel skoon gemaak en gevra:” Waarheen?”

Neels het opgestaan en voor hom kom sit op die rand van sy lessenaar. ” Kaapstad.”

Hy onthou hoe hy uit daardie gebou gestap het in ‘n  warm  vroeg somers aand in Londen. Sy hart was lig en sy gemoed positief. Jesus,het hy gebid, U is groter as oneindig groot! Hy het sy hand in sy baadjiesak gedruk opsoek na sy selfoon om vir Lize te bel. Alles was net so idillies. Nie net gaan hy terug na sy land nie, maar hy kry ook ‘n verhoging! Hy het sy kop geskud in ongeloof. Hy was net oppad om haar te bel, toe hy onthou, sy sal nooit gaan nie en hy gaan haar nie hier los nie.

Hier staan sy nou voor hom, kinderlik opgewonde en hy met die twee vliegtuigkaartjies in sy hand, een vir hom en een van haar. Hy kyk op na haar met ‘n duisende vrae op sy lippe.” Sjjt,laat ek verduidelik,” keer sy hom. “Ek voel regtig dat die is God se wil. Ek weet nie hoekom nie, en jy ken my, ek sal nooit terug gegaan het op my eie nie. Ek het al ‘n huis vir my ouers en als.” sy kyk af na haar hande, ” maar ek voel net soveel vrede vandat ek besluit het dis tyd om huis toe te gaan.” Sy kyk na hom. ” Die vraag is eintlik, Marius Viljoen, kom jy saam?”

Hy bars uit van die lag en trek haar nader. ” Ja!” roep hy uit net voor hy haar soen. Hy kan dit net nie glo nie, Jesus het dit reggekry. Of het Hy dit so bestem dat hulle nou moet terug gaan en net die pad oop gemaak vir hulle? Volg my stem en jy sal My vind, kom die stil antwoordMarius glimlag tevrede.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s