Hoofstuk 5

As hy vir Dries in die hande gaan kry, gaan hy hom moet leer hoe om te braai, dink Ben terwyl hy met ‘n borsel en seep water sy braairooster skrop. Mens kan mos nie vis braai en dan net besluit ag, kom ek los die rooster buite  sodat die ou reentjies dit skoon was nie. Die borsel gly uit sy hande en val op sy broek. Hy laat glip ‘n vloek woord. Ben het moeg by die huis aangekom en  was lus om ‘n lekker stukkie vleis vir homself te braai. ‘n Vleisie en ‘n biertjie is wat hy nou nodig het, het hy gedink . Die semester is klaar en hy is moeg. Toe hy buite by die braai kom staan van die studente huis wat hy deel, sien hy sy rooster netso daar lê, ou stukke vis wat nog vas sit aan die rooster en roes oral op sy rooster. Sy moed het gesak en hy het amper die hele vleisbraai idee laat vaar. Maar die lus vir ‘n stuk rooivleis was net te groot.

“Nou hoe moet ek braai, Dries?” praat hy met homself, terwyl hy skrop. Sy gedagtes maal oor die laaste paar maande, hy vloek weer, die keer harder. Hy het ‘n breuk nodig. ” Jy weet dat praat met jouself is een van die eerste tekens,” onderbreuk ‘n stem hom. Sy hart gee ‘n sprong en sy moed sak. Hy kyk op na Carla wat voor hom staan. Hy kyk dadelik weer af na sy rooster. Kan die vroumens nie ordentelik gaan aantrek nie, dis die middel van winter!, dink hy. Carla staan voor Ben in ‘n kort oefen broekie en ‘n stywe oefen hemp. Al is dit die middel van winter is haar bene bruin gebrand na haar wegbreuk na Waenhuiskrans tydens ‘n frats warm naweek in Junie. Sy is lank en lenig gebou. Ben kan sien sy is baie fiks tog het sy die sagte rondings van ‘n vrou. Haar donker krul hare is in bolla op haar kop vas gemaak en haar groen oë het van kleur verander na die harde oefen sessie. Op haar voorkop skitter ‘n fyn lagie sweet, ‘n duidelike teken dat sy het haarself gedruk. Soos sy met alles anders in die lewe doen, dink Ben.

” die tweede teken is om dan “regte” mense te ignoreer en net te glo dat die in jou kop bestaan..” gaan Carla voort.  Ben kom orent en kyk na haar. Hy is omtrent ‘n kop langer as sy . Sy trui span oor sy skouers en sy groot hande hou die klein borseltjie en rooster vas. Sy blou oë kyk stip na haar en sy kan sien sy gedagtes maal om die regte antwoord vir haar te gee. Die hele jaar lank is hulle in mekaar se hare. Aan die begin het hy haar net geirriteer, hy was die buffel wat haar wou laat verstaan het sy is nie welkom nie. Maar Ice Queen is nie verniet haar bynaam nie, sy het nie haar mond gehou nie en gereeld tot die frustrasie van hulle huismaats en haar beste vriendin, Beth, hom op sy plek gesit. Ben was dan altyd reg met ‘n antwoord en menigtemale het die rustige koffie om die kombuistafel ontwikkel in ‘n stry sessie tussen hulle, terwyl die ander toe kyk. Beth en Dries het later na mekaar gedraai en gesels en Jaco het in sy kar geklim en vir sy meisie gaan kuier. Later het Beth en Dries maar kamer toe gegaan en daar verder gekuier en vandag is die twee amper verloof. Ben laat sak sy kop en kyk af na sy nommer 12 skoene. Sy let op dat daar al bietjie grys wys in sy swart hare.

Sy sug, wat is dit tog vandag met die man. ” weet jy waar is Beth?” vra sy terwyl sy die kommer in haar hart ignoreer oor die reus hier voor haar. Ben kyk weer op. “Nee,” antwoord hy. “Dries het gaan fliek, dalk is sy saam?” , Carla lig haar wenkbroue en kyk vraend na Ben. Hy staan ongemaklik daar en sy kan sien hy weet nie waar om te kyk nie. ” Wat is fout, Ben?” haar stem effens sagter. Die man irriteer haar, maar tog is sy nie ‘n monster nie. Iets pla hom duidelik en miskien kan sy hom help. Ben gaan sit weer en sit die rooster op die vloer neer. “Ek wil net braai,” sê hy terwyl hy rond soek op die grond na wie weet wat. Carla vervies haar en draai om na die agterdeur. ” Nou braai,” sê sy en begin weg te stap. ” Wil jy saam my braai?” keer hy haar.

Sy gaan staan met haar hand op die deur se handvatsel. Dit kan tog nie moontlik wees nie, het Ben Erasmus haar nou net genooi om saam met hom alleen te braai? Sy draai haar kop en kyk na hom. ‘n Krul kom los uit haar bolla en val oor haar wang. Ben staan weer soos ‘n ysbeer voor haar en lyk ongemaklik. Sy staar na hom terwyl ‘n duisend gedagtes deur haar kop gaan. Iets is fout, dink sy en sy kan begin voel sy kry hom jammer. Sy draai terug na die deur en antwoord: ” Dit klink lekker, dankie, ek gaan gou net stort.”, en stap die huis in.

Ben knik terwyl hy na haar rug kyk en blaas sy asem uit. Hy het nie eers geweet hy was besig om sy asem op te hou nie. Dankie tog, dink hy, sy gaan haarself gaan bedek. Geen man sal dit kan weerhou as sy nog langer so rond sou staan nie. Wat doen sy nie aan daai ander arme ouens in die gym nie. Dan besef Ben dat hy het sopas sy iddiliese aand van ‘n vliesie , biertje en sy eie gedagtes opgegee om dit te deel met Carla. Hy gaan sit weer en die keer vloek hy homself. Aaag , dis orraait, ek is moeg en sy lyk jammer vir my. Solank sy net nie weer hier kom rond staan met geen klere aan nie. Hy staan op en begin die hout te pak en hoor hoe die stort se krane oop gaan.

Terwyl hy so staan en sukkel om die blits aan die brand te kry hoor hy eweskielik n vreemde klank. Hy kyk op na die rigting van die huis. Hy hoor die water van die stort en dan die vreemde klank. Die badkamervenster van die huis kyk uit op die agterstoep wat langs die braai area is. Hy stap soontoe en gaan hou sy oor teen die oop venster. My goeie vrek, dink Ben. Die ewige statige, bymekaar, vat geen nonsens vrou staan en sing in die stort! Ben begin te lag en dadelik hou Carla op met sing. Voor hy dink wat hy doen kyk hy deur die venster vas in Carla wat poedel naak in die stort se oop deur staan. Ben verstar. Carla gryp na haar handdoek en skree kliphard: ” Ben, jou AAP! Wat MAAK jy?!”

Ben skrik en swaai met ‘n groot beweging om en begin vinnig beweeg weg van die oop venster. Hy beweeg so vinnig dat hy nie die hoek van die lapa sien nie en voor hy weet wat gebeur, lê hy op die grond en dit raak donker om hom.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s