Hoofstuk 6

Dries stap in by die sitkamer met die boks wat Beth hom voor gestuur het om te gaan haal. ” Ek weet..” “SHHHHHH!!!” Maak Beth hom stil. Hy kyk vererg op en sien dat sy kruip agter die deurkosyn weg wat lei na die eetkamer. Hy stap nader om te sien wat haar aandag trek en loer deur die skrefie van die deur en die kosyn en sien toe wat Beth se aandag het.

In die eetkamer by sy ouma se tafel, sit Ben en Carla en ryg die krismis stringe vir hulle jaarlikse Kersfees -in- Junie partytjie by hulle huis. Die spanning in die kamer is hoog en Carla se oë is helder groen van woede. Ben staan op en stap na die Ipod wat die kas langs die kaggel staan, en verander die liedjie wat speel. Sy oogbank is besig om te herstel van sy “val” van twee weke gelede. Die oog is darem nie meer opgeswel nie, maar die litteteken het nog rowe op.

Dries dink terug aan daardie aand. Hy en Beth het net uit die restaurant gestap toe Carla hom bel. “As jy jou vriend Ben weer lewendig wil sien, moet jy NOU huis toe kom.” Sy het die foon in haar oor neer gesit. Hy en Beth het huis toe gejaag, oortuig dat Carla finaal beheer verloor het en vir Ben oor die kop geslaan het met iets. Die twee is al heel jaar in mekaar se hare en hy self moet erken, Ben is uit op die oorlogspad met die Carla.

Toe hy en Beth by die huis in stap kry hulle die twee in die kombuis. Ben met n lap teen sy oog en Carla wat vir Ben  aangluur. Ben se hande is vol bloed. “Ben?” vra Dries. Met die hoor van Dries se stem, het Carla om geswaai en uit die kombuis gestorm met die woorde: “Nou kan jy na die mansmens kyk.”

Dries het verbaas na Ben gekyk en kon sien dat jolige vriend is baie wit in sy gesig. “Ben?” vra hy weer. “Wat het gebeur?” maak Beth toe sy sin klaar. Ben het gesug en op gekyk, sy oë glashelder: ” Carla sing in die stort, toe wou ek haar gaan spot en sonder om te dink het ek na die venster gestap hier buite, ” hy beduie met sy ander arm na buite.” die simpel venster was oop en sonder dat ek gedink het, kyk ek toe in en daar staan sy… kaal.” Hy rammel alles af. Beth begin te giggel raak dadelik stil toe sy Ben haar aangluur. ” En toe vang haar skoonheid jou en jy val flou?” Vra Dries, self nou vol van die lag. “Nee” antwoord Ben kortaf. ” Ek het omgedraai om weg te kyk en het toe myself vas geloop aan die hoek van die lapa.” Dries skud net sy kop en neem Ben aan sy arm. Hy kyk na Beth en sê dat sy moet solank die ketel aan sit, hy is nou terug.

In die badkamer staan die twee groot mans naby mekaar terwyl Dries die wond skoon maak. “Dries, dit gaan nooit weer dieselfde wees tussen my en Carla nie.” Dries plak ‘n pleister op die oogbank en kyk na Ben. “Dit was al lankal nie normaal tussen julle twee nie. Ben , het jy gevoelens vir Carla?” Vra Dries reguit.

Ben het net opgekyk na Dries en hom bedank en verdwyn na sy kamer. Dries het met ‘n glimlag terug gestap na die kombuis.” Oee, liewe Beth, jy skuld my R500.” Beth was net besig om die kookwater in die koppies te gooi. Sy het ook vir Carla ‘n koppie tee gemaak. ” Niks is nog vas nie Meneer. ” antwoord sy, maar in haar gedagtes glimlag sy self.Haar stabiele, emosielose vriendin was vanaand vol emosie. Dit kan net een ding beteken, Ben het sy pad deur die groot muur om haar hart gemaak en dis al wanneer Carla emosie wys. Sy draai om met ‘n glimlag en vat vir Carla haar tee.

Toe sy in Carla se kamer in kom, was Carla besig om te pak. “Waar gaan jy?” vra sy  verbaas. ” Ek kan nie meer hier bly nie.” Antwoord Carla kortaf. “Carla, moet nou nie belaglik wees nie. Jy en Ben is grootmense, dit was ‘n ongeluk en die man wat ek nou gesien het, berou dit.” Carla staan met haar hande op haar heupe en kyk na Beth.” So met ander woorde, nie net spioeneer die man op my nie, maar hy dink ook nie ek was die moeite werd nie?!” Beth bars uit van die lag! “Carla, jy is so verlief jy kan jouself nie help nie.” Carla gaan sit op die bed en vat die tee by Beth. “Asseblief Beth, ek is nie jy nie.” Haar vriendin staan op en loop deur toe: ” Ek gaan jou los, as jy lelik gaan raak gaan ek eerder iemand anders kry om mee te gesels. Maar Carla, hy is nie ‘n slegte ou nie.” eindig sy af en loop uit die kamer. Carla gooi die kussing na die deur. Sy draai om en begin toe weer haar goed uit pak.

Haar gedagtes maal en later daardie aand erken sy aan haarself dat Ben het ‘n ander effek op haar. Een wat haar onrustig laat voel. Sy besluit net daar dat die beste manier om alle vrae te ontdyk is om aan te gaan soos normaal. As sy nou moet trek gaan die drama net nog langer uit rek.

“Wat gaan aan?” Fluister Dries agter Beth se oor.” Kyk net.” antwoord sy. Ben het kom sit en tap liggies met sy voet op die maat van die musiek. Hy was skaars weer terug by sy stoel, toe Carla opstaan en stap na die Ipod. Sy verander die liedjie en kom sit weer sonder ‘n woord. Dries begin te giggen en kry ‘n elmboog in sy ribbes van Beth. “Sjjjjt..” fluister sy. Carla het net weer op haar stoel kom sit, toe Ben opstaan en weer die liedje verander.

“Hulle is soos kinders.” fluister Beth. “Twee verliefde kinders as jy my vrae.” antwoord Dries .

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s