Die ‘wanneer’ gesprek..

Ek moet altyd in ag neem dat meeste van my vriende wat my min sien, die “Facebook” Linda ken. Ek is gereeld op Facebook en sal net iets regtig privaat plaas as ek nie kans sien vir die pad alleen nie. Soos byvoorbeeld toe ek siek geraak het. Voor ek op Facebook my pad met TB bekend gemaak het, het ek eers my Facebook “skoon” gemaak. Ek het ontslae geraak van mense by wie ek nie veilig voel om so iets rou te deel nie.

In die verlede het ek altyd skuldig gevoel as ek min deel van myself of minder tyd saam sekere mense spandeer. Tussen so baie draaie het ek begin leer dat mens kan altyd respektvol wees, maar jy hoef nie altyd jou pêrels te deel nie. Volgens studies het mens eintlik net die kapasiteit om net met een mens jou hart te deel. Vir baie van ons is dit ons lewensmaat, vir ander is dit familie en vir ander is dit jou beste vriend/in.

Keep your love on- Danny Silk
Keep your love on- Danny Silk

Ons lewens is in sirkels opgedeel en mens kan bepaal met wie jy wat deel deur te kyk in watse sirkel hulle lê.Soos byvoorbeeld, my gym instruktreer kry net die nodige inligting uit my uit. Vir hom gaan ek nou nie vertel hoe my hart in stukke gebreuk het toe ek my TB uitslae kry nie. Ek gaan nie vir hom vertel van my en my man se privaat gesprekke en besluite nie.

Vir ander vriendinne deel ek met wat ek gemaklik is, iets wat nie my hart sal ruk as hulle dit met ander deel nie. Ek weet mos ons girls like van praat. 😉

Dan is daar die vriendinne wat my ken en my alles saam met my storie verstaan. By hulle vertel ek net die nodige en hulle kleur die res met liefde in.

My familie kry die drama, die besluitloosheid en die egte waarheid.

Maar daar is net een wat my alles ken, en vir hom vertrou ek met my lewe.

Ek sal eers iets diep deel met iemand buite die naaste sirkel aan my hart as ek dit klaar verwerk het en ek weet die inligting is veilig. Ek sal ook eers met my hartsvriendin iets dieps deel as ek klaar met Stoffel daaroor gepraat het. En so bestuur ek my sirkels. Wat die sirkels skei is emosionele grense wat ek kommunikeer.

Baie mense kry onbeskryflik seer omdat hulle nie in die sirkels kommunikeer nie. Hulle deel met die gym instrukteur wat hulle eintlik met hulle lewensmaat moet deel. So vorm ‘n band tussen twee mense wat diep raak sonder ‘n belofte van sekuriteit.

Dis maklik om met iemand te deel wat nie in die situasie is nie. Veral iemand wat jy kort ken en net die beste van sien. Hulle raad is altyd positief juis omdat hulle nie weet wie jy is nie.

Om emosionele grense te kommunikeer is seker een van die mees moeilikste ding vir mens. Grense is nie om mense uit te hou nie, maar eerder om die sleg buite te hou en die goed binne te hou. In my huwelik het ek ‘n man wat glad nie skroom om sy grense te stel nie. Dit maak dit vir my maklik met hom in liefde te kommunikeer want ek weet presies waar ek met hom staan.

Vir lank het ek nie grense gekommunikeer met my vriendinne en familie nie, en dit het gelei dat die slegte goed toe hulle pad vind na my mees belangrikste verhouding met Stoffel. Toe ek die impak sien van sleg in laat by ‘n ander plek, het ek vinnig geleer om eerder my vrees van konfrontasie vas te vat en grense neer te lê by my ander sirkels.

Vanoggend het ek die status op Facebook geplaas:

Oor die naweek het ek ‘n gesprek gehoor waar ‘n baie opgewonde mamma vir ‘n ander vrou vra wanneer hulle beplan om kinders te kry. Na die vrou die baie privaat vraag nonchalant antwoord, reageer die mamma en sê:”Ernstig nou, jy is amper 36 as jy baie kinders wil hê sal jy nou ‘n plan moet maak!”

Ek het amper my koffie op my uitgegooi!

So hier is ‘n gedagte: Ek het ‘n vriendin wat regtig baie graag wil kids hê, maar haar pad is nie so maklik nie. Ek dink toe aan haar en wonder toe hoe sou dit vir haar voel as ‘n vreemdeling so haar privaatheid indring.
Jy weet nooit waar die ander persoon is met hulle pad nie.. So kom ons respekteer mekaar en pas ‘n goue reël toe “Dates, mates and babies” gesprekke behoort tussen geliefdes en God.
Vir die res van ons is die geleentheid daar om hulle besluite en vervullings van beloftes saam hulle te vier.”

Die reaksie op my status laat my giggel en laat my toe dink aan een scenario wat ek en Stoffel onlangs ervaar het. Stoffel het terug gekom van werk, baie verward. Hy het daardie dag met ‘n wild vreemde mens ‘n baie privaat gesprek gehad. Die onderwerp was oor kinders en ouerskap, iets wat Stoffel nie baie inligting oor het nie. Die man het net sy hart begin deel en Stoffel het net geluister. Na die tyd kom vertel hy my van hoe vreemd dit vir hom is dat die man so veilig gevoel het om sy pêrels te deel. Ek besef toe dat dit gebeur baie gereeld met hom. Iemand begin te gesels oor iets klein en voor hy weet luister hy na die diep gesprek.

My gevolgtrekking was toe dat die rede hoekom mense veilig voel by Stoffel is omdat hy hulle nie preek nie. Hy skryf hulle nooit voor nie en luister net geduldig en gaan aan met sy lewe. Hy beskerm die pêrels wat hulle met hom deel en dit laat mense veilig voel.

Die is ‘n goue reel as dit kom by die sirkels en kommunikasie. Voor jy raad gee aan iemand, besef eers in watse sirkel jy in verhouding met daardie persoon se hart staan. Om raad te gee uit verkeerde sirkel bring meer verwoesting as verligting. Maar dit swaai ook anderkant toe, bepaal wie is jou hartsmense by wie jy veilig voel, en deel net met hulle jou pêrels.

Advertisements

2 thoughts on “Die ‘wanneer’ gesprek..

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s