Uit die mond van ‘n Afrikaanse getroude vrou…

10471485_10152447286820516_177595332118579892_n
Lizelle Lotter Photography http://www.lizellelotter.co.za

Ek is op die oomblik in die Vrystaat vir ‘n troue wat ek afneem in Clarens en ‘n vinnige kuier by my ma-hulle. Gister het ek die pad aangevat vanaf Parys na Clarens,’n goeie drie ure se ry. Die vrystaatse paaie leer mens dink terwyl RSG oor die radio speel!

Ek en my man is volgende week 6 jaar getroud. Vir baie is dit ‘n “well done” prestasie. Vir andere is dit ‘n “ag, nou eers 6 jaar!” reaksie. Vir my is dit al ‘n ewigheid wat voel asof dit gister begin het saam my beste vriend. Een van ons begin jare se gereelde vassit was  dat ek nie afrikaans genoeg is nie. {Ja, julle het reg gelees.} Ek is ‘n afrikaanse “snob”. Ons het vir ure vasgesit oor die kulturele verskil. Ons praat dieselfde taal, maar kom uit heel uitlopende kulture. Dis nou die goed wat mos saak maak daar in die begin jare wanneer mens nog dink jou huwelik moet soos ‘n hollywood verlief, verloof en verlore film lyk.

Hy wou sokkie, ek wou losdans, hy wou rugby gaan kyk op nuweland, ek wou artscape toe, hy wou “sit al die liggies af” van Kurt Darren luister en ek, wel, Stef Bos is my naaste ‘afrikaans’. Ons het alles anders benader en tot groot frustrasie besef ons is anders.

Gister, op die pad, stuur ek vir hom ‘n video van my wat ry in ‘n vrystaatse storm, met ‘n bakkie en luister na Dozi. 6 Jaar later en ek is in gelit. 🙂

Terwyl ek ry, luister ek na RSG { Ek het ver gekom} en daar was toe ‘n gesprek aan die gang oor ‘n studie wat amerikaners gedoen het met paartjies wat langer as ‘n dekade getroud is. Hulle moes hulle sukses tot hulle huwelik deel. Tien jaar, het ek gedink, vir ons is dit sommer nou -nou en nogsteeds voel ek nie gereed om raad te gee oor sukses in ‘n huwelik nie. Ek sou eerder luister na iemand wat al by die 20 jaar kerf draai. Maar tog, ek is ongelooflik gelukkig getroud, so dalk werk my eie raad!

Vanoggend gesels ek en ‘n vriendin oor my huwelik. Sy het nog nie vir Stoffel ontmoet nie, dit gebeur as ‘n kaapse seun ‘n vrystaatse meisie trou. Mens bly in die kaap, want geen Kapenaar gee die see op nie. “Hoe het julle ontmoet?” was haar vraag. Ek moes lank dink want daar was nie  ‘n “bam” oomblik nie.Geen weerlig of aardbewings nie. Ek onthou hom op die rooiplein. Maar daardie jare was ek ‘n loskop student met min belangstelling in iemand wat ‘n rugby trui dra kampus toe. Nogsteeds het ons vriende geraak en oor en weer gekuier. Niks gevoelens nie, net ‘n lekker pal wat my lekker laat lag.  { hy doen dit nogsteeds baie goed}

“So,” vra sy, ” Hoekom het hy die voorreg gekry om jou te trou, Wat maak hom anders?” Dit het my laat dink en my antwoord was eenvoudig. Hy het moeite gedoen om my te leer ken. Hy weet alles van my en nog meer. Hy voorspel my buie, my trane, my lagplooie, alles. Hy smeek my om te gaan oefen want oefening maak my gelukkig. Ek het dit nie eers geweet tot hy my begin smeek het nie. Hy is my lewensmaat, en dit is die huwelik. Om jou lewe te deel met ‘n maat wat jou laat veilig genoeg voel om jou kosbare lewe mee te deel.

Een van my enkellopende vriendinne het my eendag gevra om asseblief nie met haar te praat oor die huwelik nie. “Almal kla dat dit swaar is, en ek wil self ondek. Ek weet dis nie perde koop nie, maar nogsteeds, don’t take the stars out of my eyes.” Ek het begrip gehad vir haar versoek, want om omring te wees met klaende vrouens, getroud of nie, is harde werk. Maar binne my het ek geglimlag, want ek het  geweet wat ek het.

Ja, daar is swaar dae. Ek raak moeg, hy raak gespanne en dan laat loop die gemoedere. Daar was een jaar wat veral baie swaar was. Ons het erg geskaaf en lelik vasgesit. Maar tog, elke blokkie het sy plek gevind en vandag stap ek saam ‘n man op wie ek ongelooflik trots is. Ek stap as ‘n vrou wat geliefd is.

Stoffel het ‘n gewoonte aangeleer wat vir my baie oulik is. As iemand anders my komplimenteer in ‘n geselskap waar hy ook in is, dan antwoord hy met ‘n “dankie”. Baie vind dit vreemd, maar sy rede is eenvoudig. Hy glo dat die sukses van ‘n man word bepaal oor hoe gelukkig sy vrou is. As ander my komplimenteer, glo hy vas dat hulle hom eintlik komplimenteer.

Hy is nie ver van waar nie, ek ken myself en wie ek vandag is, is baie meer spontaan en vry as wie ek was voor ek getroud was met hom. Hy gee my vryheid en sekuriteit wat my siel so na smag. In my beurt gee ek vir hom vertroue en respek wat hom weer laat opstaan.

Die kern woord hier is die woordje “gee”. En dis my raad as ‘n getroude vrou: Gee.

Advertisements

2 thoughts on “Uit die mond van ‘n Afrikaanse getroude vrou…

  1. Dear Linda,

    I loved reading this. I have recently become unemployed, for a good reason, and this allows me time to read your blogs in which i find so much enjoyment.

    I find it being soul food. Perhaps because we both drank Free State water for many years of our lives:) I could relate so much. I also married a ‘boere seun’, not literally speaking though. I lived in Stellenbosch, Cape Town for 9 years before moving to Windhoek, Namibia 11 months ago.

    He listens to Karien van Jaarsveld, Ray Dylan and would love to have certain farming gear/ pictures as Décor in our home. Whilst i much rather pefer music i think is called called ‘commercial’ music. I just love to dance and sing along to a inspiring beat and I am, lets just say , into a much more modern approach to housing:) I am therefore and much more, not afrikaans enough, although very much afrikaans speaking. To the small differences i can just say thank you to a family who raised me able to accept, enjoy and see the beauty in everything, whether it is Karien and Bobby or Taylor Swift.

    I really wanted to say, I truly appreciatd the way your husband accepts Your compliments. (I see myself as a complete hopeless romantic, who dreams of living the farytale..because love is so wonderful- so obviously this would hit home). But what your husband displays is something i find not only neccessary in marriage, but so precious if one is forutnate to have it in your marriage. That both Husband and Wife should have the ‘blossoming’ impact on one another. You should know that your relationship and love builds up your partner and that you play a vitally important part in their happiness, talent discovery/enhancement and being. You should know that you have something to do with the ‘Glow’:)

    I too, can say this about my husband. I am daily ..hourly..so grateful for being blessed with a life partner who makes being me better, because of his love.

    Your blog is fantastic, thank you for sharing!! You remind me regularly to appreciate and take notice of the wonder in our God and relationships.

    Kind Regards,

    Robyn-Lee Swartz

    1. Hallo Robyn-Lee!! Thank you so much for your response! I loved reading it. Congrats on the new marriage and I pray years of wonderful bliss marriage for you guys!

      Maybe in the time of waiting for a new job, you can start your own blog! 😉

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s