Die krag van Waarheid

Ons is besig met voorgeboorte klasse en ek gaan eerlik wees en sê dat my kop het lanklaas so gespin. Ek slaap sleg en kon voel hoe vrees my hart en gedagtes oorneem. Ek het lanklaas erge vrees ervaar, my laaste ervaring met vrees was toe ek TB gehad het en nie geweet het wat vir my voorlê nie.

So is ons genooi om gisteraand ‘n film te gaan kyk oor geboortes, wat toe uitdraai op ‘n dokumenter. Dit was baie mooi en het my baie laat dink tot een wetenskaplike man die volgende kwyt raak:

” If you have a Caesarean your body doesn’t release the bonding hormone named oxytocin. What do you think will happen to a monkey if she has an Caesarean? She will reject the baby monkey. Mothers can reject their babies if they have a caesarean.”

Ek het yskoud geword en na Stoffel gekyk. Woede het opgestoot in my en ek het gedink, “het die aap my nou net met ‘n aap vergelyk?”

Weereens het ek niks geslaap nie, iets sit net nie vir my reg nie. Vanoggend hou ek stilte tyd en praat met God oor die pad vorentoe. Ek glo nie in vrees nie, maar my vrede was heeltemal weg. Ek is iemand nie vrede gaan soek deur nog inligting te win oor die onderwerp nie. Ek stap reguit na God en praat met Hom. Ek praat met arms geswaai en sweet wat tap. Ek los nie tot ek ‘n antwoord kry nie. Ek weier om te aanvaar dat jy ‘n swakker ma is omdat jy nie die “bonding hormone” ervaar het tydens die  geboorte van jou kind nie. Gelukkig het die dame wat die klassies aanbied ook gesê sy stem nie saam met die man nie.

So grawe ek en grawe om by die waarheid uit te kom.

Eerstens, wat is waarheid? Hier gaan mense stry. Party van ons glo waarheid is die norm. Almal doen dit so dit moet seker die waarheid wees. Party glo dat die norm is ‘n breinspoeling van die belangrike maatskappye in die wêreld om ons almal te beheer vir ekonomiese doeleindes, hulle gaan daarop uit om hulle lewens te leef in opstanding van die norm. Ander glo weer dat die waarheid is die natuur, wetenskap of wat ook al nog.

Maar daar was net Een wat Homself as waarheid genoem het: Jesus.

Waarheid is ‘n persoon. Die het my ‘n tydjie gevat om te snap. Hoe kan waarheid vasgevang wees in een persoon? Want die persoon is nie net ‘n mens soos ek en jy nie. Hy is God wat ‘n mens geword het.

Colossians 2:2-8 NKJV – 2 that their hearts may be encouraged, being knit together in love, and attaining to all riches of the full assurance of understanding, to the knowledge of the mystery of God, both of the Father and of Christ, 3 in whom are hidden all the treasures of wisdom and knowledge. 4 Now this I say lest anyone should deceive you with persuasive words. 5 For though I am absent in the flesh, yet I am with you in spirit, rejoicing to see your good order and the steadfastness of your faith in Christ. 6 As you therefore have received Christ Jesus the Lord, so walk in Him, 7 rooted and built up in Him and established in the faith, as you have been taught, abounding in it with thanksgiving. 8 Beware lest anyone cheat you through philosophy and empty deceit, according to the tradition of men, according to the basic principles of the world, and not according to Christ

en dan:

Colossians 2:9 NKJV – 9 For in Him dwells all the fullness of the Godhead bodily;

Jesus is honderd persent God en honderd persent mens. Wat beteken dit? Dit hang alles af van hoe jy vir God sien. As jy net glo Jesus het net gesterwe vir die vergifnis van jou sondes en nou moet jy alles gee om “skoon” te bly om weer eendag in die hemel te kom, dan ken jy ‘n kwaai God wat met elke struikel wat jy ervaar jou gaan raps op die boud.

Ek het ook daai God geken, tot Hy homself kom openbaar het aan my deur die skrif wat ek hierbo geplaas het. Ons glo dat die goed waarmee ons mensdom opgekom het, is die “ultimate” waarheid. Deur dit het ons ‘n God geskep wat ons kan verstaan. Ons glo dat God tree op soos wat ons dink. Maw kom ons vat die liewe wetenskaplike oom wat glo dat omdat ons soogdiere is soos die aap, gaan ons ons kinders verwerp as ons nie die “bonding hormone” ervaar het tydens keiser nie. So nou gaan ons na God en dink maar Hy het die liggaam van die vrou so ontwerp om geboorte te skenk, so die oom se teorie beaam die waarheid dat as wetenskap inmeng met die geboorte proses dan is daar baie slegte gevolge. Party van ons gaan verder en dink dat omdat ‘n vrou gekies het om ‘n keiser te kry, straf God haar nou deur dat sy nie met haar kind kan “bond” nie.

Eerstens, ons is nie soogdiere nie. Ons anatomie is dalk , maar daar is een GROOT verskil tussen ons en ‘n aap. Behalwe vir die pels, is ons siele wat leef  in die liggame wat God geskape het. Ons leef in God met vrye keuses. Ape het nie vrye keuses nie, hulle het instinkte. So hier is wat Waarheid in Jesus beteken: Sy woord is die ‘ultimate’ waarheid. Daar is niks bo dit nie, en dit kan ons waarheid/kennis oorskrei selfs al glo ons met alles in ons kennis en waarheid. Ons leef op wat Hy sê.

En Sy waarheid het ons vrygemaak van die reels en regulasies van die wereld.

Ek het nog net een keer in my lewe die voorreg gehad om vir ‘n blinde en ‘n dowe te bid. Volgens wat ons kon sien en wat wetenskap sê was die twee blind en doof, daarom genoem ‘n blinde en dowe.{ grappie} As ek die wetenskap geglo het bo die waarheid van Jesus, was hulle vandag nog blind en doof. Ek glo in Jesus  en volgens Jesus is hulle genees. So uit daai geloof het ek gebid en die blinde kon sien en die dowe kon hoor.

Waarom is ons geloof belangrik? Geloof ryk verby al die dinge van die wêreld en gaan sit op Papa se skoot en kyk na Jesus. Geloof gryp na Sy beloftes, Sy waarheid en Sy wysheid, en ja, dit lyk baie anders as wat die wêreld ons geleer het.

Die koninkryk van God is wat belangrik is. Dis Sy Koninkryk wat die waarheid dra. Daarom word dit gesê dat Christene is nie van die wêreld nie, omdat ons leef deur die wysheid van Jesus wat die Koning is van die Hemelse Koninkryk.

Hy is bo alles. Hy het water in wyn verander.Wat beteken dit? Hy het die chemiese samestelling van water verander na dit van wyn. Hy stap op water. Wat beteken dit? Hy het die gravitasie kragte { wat wetenskaplik bewys is} van die aarde oorskei. Hy laat die son stil staan, Hy bring 3 ure van donker, Hy wek mense uit die dood op. Deur al die wonderwerke het Hy aan ons bewys dat Hy bo dit is wat ons ken. En dat ons in Hom is.

Ek ken talle vroue wat so lief is vir hulle kind wat ‘n keiser gehad het soos die wat normaal geboorte gegee het. Gaan na Hom vir die Waarheid.

Deur dit alles sê ek nie dat ek nie glo in wetenskap en medici nie. Dit het TB my geleer. Baie mense het vir my gebid, ek self het  nagte om gesmeek vir my genesing. En dit gekom deur behandeling. As ‘n christen glo ons die beste van mense. Ek glo dat meeste dokters doen wat hulle doen uit die liefde van die saak. My lewe was al meer as een keer gered deur die medici. Deur TB behandeling en my navorsing wat ek gedoen het, was die pille wat ek gedrink het nie om my afhanklik te maak van die staat nie en al my geld te vat nie. Dit het ongelooflike baie newe effekte gehad, maar dit was my oplossing om te oorleef. So wat het ek en Stoffel gedoen? Ons het my liggaam opgedra aan Hom om te beskerm waar nodig en ons het geglo dat Hy sal.

Ek glo wetenskap getuig van God, maar is nie God nie. Vandag is ek blakend gesond met baie min newe effekte wat wys.

Vir my gaan dit oor die mens. Wat is nodig om die mens aan die anderkant van hulle probleem te bring. Party glo in gebed, ander in medici, ander in natuurlike maniere van behandeling. Ek en Stoffel volg vir God. En God kan alles seën. Partymaal doen ons goed uit onkunde wat meer skade kan bring as wat nodig is, maar ons dien ‘n groot God wat selfs bo dit kan gaan.

Nothing is out of the grasp of the Redemptive message of the cross.

Hy is lewe en waar Hy is, is ons veilig.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s