IMG_1013

Somer is hier!

Ons in die kaap vat altyd so tydjie om by te kom met die weer. Maar ek kyk gisteraand na die weer voorspelling  en hoop blom: Sonskyn en ‘n somer kersfees is in sig!

Wat ‘n jaar!

My hoogtepunt is natuurlik dat ons ‘n seuntjie ryker geraak het. David is ons begin en einde elke dag.. Letterlik! Die vrolike vink staan baie vroeg op en hou sy mamma en pappa besig tot laat die aand. Maar ons doen dit met ‘n glimlag.

Elke jaar kyk mens terug na lessies wat ons geleer het en drome wat oorstaan na die volgende jaar. Maar vandag het ‘n vrede aan my hart gepluk en toe ek luister besef ek my grootste les en mees waardevolste een nog sover ,is om te kan stilstaan en die oomblik te geniet. Om jou gesig te draai na die son se strale en toe te laat dat die absolute genot van die lewe elke sintuig oorweldig.

Ja, ons kan in elke donker hoekie van ons harte gaan loer en vrese na vore roep. Ons kan kyk na elke uitdaging die laaste jaar en kop krap oor wat het fout gegaan, maar jy staan aan die einde. Jy kyk terug en elke streep wat die sweep van lewe geslaan het,is nog ‘n bewys dat jy gemaak is vir oorwinning. Jy is hier.

So baie van ons raak bang dat kersfees oor iets anders gaan as die rede agter kersfees en dit is ons Verlosser se geboorte. Kersfees is defnitief ‘n plek van herhinnering aan daardie spesiale dag toe die Ewige Lewe sy eerste asem geneem het in ‘n wêreld van beperkinge. Hy het gekom om ons te verlos van die vloek van die dood. Dis groot!

My hart is om dit te vier deur die geskenke van die lewe te geniet. Hoe meer groter eerbied kan ons nie gee as ons geniet wat vir ons so ten duurste gekoop is deur Sy bloed nie? So geniet jou dogter se bree glimlag as sy haar kersgeskenk van jou oop maak. Geniet die lekker familie feesmaal waar almal lui lekker gesels om ‘n tafel van kos en oorvloed. Geniet die son en gevoel van lafenis saam met vriende. Hy het dit ook vir ons gekoop.

Bo alles, geniet die Vrede wat Hy bring. Geniet die oomblik, Geniet Hom.

 

Geseënde Kersfees!

 

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s