Vyf Minute

Dit gebeur so gereeld dat die lewe net aangaan. Ek dink vanoggend daaraan. Daar was al so baie seer in my lewe en net so baie oomblikke van absolute geluk. Met elke sekonde is U daar, en ek beweeg aan.

Vanoggend is ek haastig, ek het afsprake, ‘n kind en gaan Israel toe Vrydag. Israel, ‘n geskenk van U!

Ek tik my eposse vinnig, vergeet om te kyk of ek reg spel, maar my kop is al op die volgende . Ek draai net weg om op te staan weg van my rekenaar, toe ek die liedjie hoor.

“Vyf minute Linda,”Hoor ek sag.”Vyf minute saam met My.”

Ek ken U my Jesus, en allehoewel ek U al so goed ken, vergeet ek mensekind ook net te maklik hoe nodig ek U aanraking elke dag het. En ek het gesit vir daardie vyf minute. Daardie vyf minute het twentig geraak en ek het toegelaat dat U liefde my hart kom vul.

U woord het die laaste twee weke my lewe so gevorm. En vandag wil ek net aan U sê:

“Ek sit.”

Lief vir U en baie dankie vir my besige lewe.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s